Danielle Barfoot - Tutor: Tydskrifjoernalistieke kursus

Danielle Barfoot Tydskrifjoernalistieke kursusleir Danielle Barfoot het 10 jaar gelede haar beroep as skrywer afgeskop, en was artikelskrywer, redakteur en vertaler voordat sy die vryskutwêreld in 2009 betree het. Buiten ’n string artikels en voorbladstories vir tydskrifte soos SA Home Owner, Top Huis en Avokado, het sy ook al in die skakeldienste as skrywer en konsultant vir beide plaaslike en internasionale kliënte opgetree.

Sy het ’n graad in joernalistiek (cum laude) aan die Pretoria Technikon (nou Tshwane Universiteit van Tegnologie) verwerf en is tans besig met haar Meestersgraad, ook in die joernalistiek.

Danielle stel veral belang in gesondheid, en het in 2008 ’n Galliova-merietetoekenning vir haar gesondheidsartikels ontvang. Ander areas wat haar interesseer sluit in ouerskap, verhoudings, kos (meer eet as skryf!), dekor en selfverbetering.