Wilna Adriaanse - Tutor: Skryf 'n roman

Wilna_Adriaanse_Skryf 'n roman Wilna Adriaanse is in die Noord-Kaap gebore, maar het op Worcester, in die Boland, grootgeword. Na matriek aan die Hoërskool Worcester, behaal sy die grade BA en BA Hons in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Verder studie in Sielkunde volg aan die Universiteit van Suid Afrika.

Sedert 2000 het sy 12 boeke geskryf en gepubliseer. Van die meer onlangse boeke is, Rebecca, Met ander woorde en Die boek van Ester.

In 2002 wen sy Lapa-uitgewers se Liefdesverhaaltoekenning. In 2009 word Die Boek van Ester benoem vir die M-Net prys vir Mees Verfilmbare manuskrip en dieselfde boek wen ‘n ATKV/Sanlam Woordveertjie vir Beste Liefdesverhaal.
Wilna is op die oomblik besig met haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad.